Rooineusdag!

Afrikaners was onlangs beduiweld toe iemand gesê het dat hulle ouers in aftreeplekke toegesluit en net af en toe besoek word. Lyk my die waarheid maak seer.

Ons het in ‘n aftree-oord gewoon en self gesien hoeveel ouers nooit besoek word nie, hoeveel op verjaardae, Kersfees en Nuwejaar alleen sit. Die oorgrote meerderheid!

Hartseer.

Weggegooi.

Ons jonger geslag gaan op in venuwingsteologie maar ontbreek aan Liefde.

My eie pa sit in ‘n ouetehuis ver van hier, ons kan hom nie gaan besoek nie. My hart bloei vir hom.  Dié wat naby woon, is ongeduldig en selfs onbeskof met hom. Net soos wat ek nie die perfekte ouer was nie, was hy ook nie. Tog het hy sy bes probeer, homself vir ons opgeoffer. Nooit dronk huis toe gekom nie. Daar was altyd kiste wyn in die huis, tog was my ouers sober, nie eens gerook nie.

Ek ken mense wie se kinders naby woon, maar in meer as ‘n jaar nie kom kuier het nie. Iets is verkeerd in ons kultuur, die jonger geslag het nie liefde, respek of waardering nie.  Kortom, integriteit ontbreek.

Soveel ouers leef boonop finansieel in ellende, terwyl kinders luukshede kan bekostig.  Ons sien ook dat daar duidelik ‘n klasdiskriminasie plaasvind. Dit is onbybels.

Dis nie altyd die beste ding om ‘n Afrikaner te wees nie.

Ons historiese geboue, vliegtuie, skepe, treine vergaan jammerlik. Mense gee om daarvoor, dit is reg so. Hulle gee om vir pikkewyne en worshondjies, ook niks fout daarmee nie.

Wanneer gaan ons ‘n rooineusdag sien wat uitroep “SAVE THE GRANNY” ?!

Stel dit reg, lewer dan kommentaar.

Toe nou!

Advertisements

4 thoughts on “Rooineusdag!

    • Ek hoop dat die baie “Pack For Perth” – mense dit ook gaan lees, regoor die aarde, want die is die tweede probleem. Die grootste is egter die tuisblyers wat naby woon maar nie saamstem met bv die ouers se kerk nie (want hulle eie is meer reg…)

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s