Onrus

Dis gewoon profesie wat in vervulling gaan, net soos wat Sondag se samehorigheid die voorteken daarvan was. Moenie te ontsteld raak nie, maar reik uit na die mense. Ek en my gesin is twee dekades gelede hierdeur en weet watter hel dit is, niemand het ons kom help nie maar eerder ons verdruk en verstoot. Twee in my gesin het hulle geloof verloor, die ergste is dat dit kerke is wat ons besoek het wat net mooi dieselfde aan ons gedoen het. Maak nie saak wie die kwaaddoener is nie, die pyn is dieselfde. Die wanhoop is dieselfde. Die opstaan uit die as met letterlik niks neem meer as ‘n dekade, bloot omdat niemand hand bysit nie. Leer hieruit, mense moenie hulle harte en beursies toesluit vir hulle wat deur ander se toedoen alles verloor het nie. Hoe jammer kry jy hulle? R50 jammer? R100 jammer? R1000 jammer? Is daar ‘n our rekenaar wat stof vergaar, ‘n tweede of derde motor wat jy kan afstaan, dalk ‘n tafeltjie wat jy kan opoffer? Gordyne, ‘n emmer en besem? Raak betrokke by die nood van ander.

Dis moeilik genoeg as jy alles verloor deur ander, dis nog moeiliker as die gemeenskap dan onbetrokke is.

Wees die eerste eeuse gemeente.

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Saterdag het baie mense van ons land deelgeneem aan ‘n biddag vir ons land. Groot getalle mense het opgedaag by Bloemfontein, waar Angus Buchan die verrigtinge gelei het. Dit was egter nie al nie, orals in die land was daar gebedsbyeenkomste gehou, ook hier in die suide waar ek woon.

Die tema by ons gebedsgeleentheid was: ‘I’m no longer a slave of fear, I am a child of God.’ Ons sing uit ons hart uit, ons voel versterk. God is in beheer. Ek hoef nie bang te wees nie.

Gisteroggend kom die dringende versoek: Bid vir Lichtenburg. Gistermiddag laat, daar’s chaos in Coligni.

Ek besef skielik dat ek nog nie stiltetyd gehou het nie, my dag het anders verloop. In my bidboek bely ek dat dit so maklik is om saam te sing dat ek nie langer ‘n slaaf van vrees hoef te wees nie omdat ek Sy kind…

View original post 317 more words

Advertisements

One thought on “Onrus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s