Koffie-Gedoopte #Deugniete 

My Pa noem ‘n doughnut mos ‘n deugniet

Onse Saffers raak al hoe dikker en diabeties. Ekself is diabeties en baie kreatief gestoffeerd.

My persoonlike ervaring is dat hierdie Banting-ding oftewel #LCHF ‘n baie gesonde leefwyse is en ek het 22kg verloor in vyf weke se tyd. Klein stukkie vleis, eiers, droëwors gemaak van sirloin, ens. Daarmee saam vars, rou vrugte en groente maar geen stysel. Patats as dit dan moet, maar in die skil gekook en ek eet dit sommer net so. Geen koeldranke, tee of koffie behalwe groen tee sonder bymiddels.

Brood, koek en veral mieliepap is gif vir die liggaam. Neem kennis.

Water. Baie water.

Eergister sit ons by daardie nuwe Doop ‘n Deugniet eetplek, waar burgers bedien word. My eie Eva kom by my aan met twee gedeelde deugniete van verskillende geure.

Die goed is horrel. Net ‘n ringetjie baie fyn witmeel met ‘n bietjie smaaksousie bo-oor. Sjokolade, karamel, kruisement. Gelaai met suiker. Daardie plek is ‘n strafkamp vir die pankreas.

Hoekom druk mense sulke goedkoop gemors in hulle monde?

Diabetes en obesiteit raak ‘n epidemie. Kyk hoe lyk ons nuwe geslag oorgewig laerskoolkindertjies; Veertig jaar gelede het ‘n vet kind uitgestaan soos ‘n seer oog, maar vandag is dit algemeen.

Lees gerus Toortsie se boek Banting Met Boerekos, dis die eetbybel waarvolgens enige mens behoort te leef.

En los daardie doopdeugniete vol fynmeel en suiker vir mense watstadig selfmoord wil pleeg. Eva’s, as julle LIEF is vir julle gesinne, maak seker dat hulle gesond eet.

Wit Hasie, bring daai Skapie nader……

Advertisements

One thought on “Koffie-Gedoopte #Deugniete 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s