Sersant Muiz se Kersfees

Sersant Muiz moes die suidekant verdedig teen die magtige Britse vloot. ‘n Paar soldate met pangewere teen skeepskanonne. Die sersant is na wie die berg en later die kusdorpie daar vernoem is – Muizenberg.

Ek noem dit Amuzingburgh. Op Ingels.

Daar is ‘n strandmeer genaamd Zandvlei, met heerlike piekniekplekke aan die bergkant en woonwapark aan die anderkant van die vlei.

Kersdag was ons Zandvlei toe vir ‘n piekniek. Wyfietipe het haarself oortref in die kombuis en allerhande kosse ingepak. Veral vleise en slaaie.

Ons het vroeg gegaan en maklik plek onder ‘n baie ou minetokaboom gekry. Dis nié die soort boom wat sommige Amuzing mense gewoonlik rook nie.

Lekker fris suidoostewind het gesorg dat ons nie te warm kry nie. Meer en meer mense het opgedaag, piekniek gemaak, vleis gebraai, sommer net getjil en ‘n paar balle rondgeskop. Niks dronknes of lawaai nie en toilette was skoon en diensbaar tot laatmiddag.

Hier teen vyfuur het mense in twee motors musiek gespeel, maar regtig nie hard nie.

Een jong ou het probeer om ‘n selfie te neem met seker vyftien ander in die agtergrond. Toe bied ek aan om liewer hulle foto te neem. Die groepie was baie dankbaar en hierdie grys outoppie met sy silwer Krismisbaard kry toe baie drukkies.

(My baard is NIE GRYS NIE.)

Hulle is toe Zimmermans en baie beïndruk toe ek kan groete met "Mhoro, Shamwari’s, masekwera sé!"

Sien, tussen dertig, veertig groepe was ons drie die enigste abelungu. En net twee Afrikaans.

Kersdag op Sersant Muiz se grasperke was baie aangenaam.

Advertisements

3 thoughts on “Sersant Muiz se Kersfees

  1. Pingback: Sersant Muiz se Kersfees – Wag 'n Bietjie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s