Die Wit Hasie

Blogger sonder pretensie, skiet uit die heup en sê ‘n ding soos hy is.Woorde rol uit die hart, oor die tong tot in die oor. Pylreguit. 

Niks tittevate nie. Proeflees bestaan nie. Woordjies word nie opgedres en vol grimering geplak nie. Tannies gaan soms tee stort op die mat as hulle Wit Hasie lees. 

As almal net wil leef soos wat Wit Hasie skryf. Eerlik, reguit, sonder bybedoelings. Outentiek.

People buy into authenticity. 

En Skaapie dra die sondes by die agterdeur uit, drolletjie vir drolletjie. Ja, elke huis, elke mens, het ‘n Skaapie wat jy moet leer verdra. Spitbraai is nie altyd die oplossing nie.

Lees oor Skaapie en die Wit Hasie

Advertisements

11 thoughts on “Die Wit Hasie

  1. Wat ‘n mooi getuienis! En ja, mense soek deesdae eerlikheid, dit het ‘n skaars item geword. Ontstellend, maar waar.

    Liked by 1 person

  2. Ek het dit gesien. Baie dankie. Jy moenie dat my kursus juffrou sien jy sê ek skryf sonder proeflees. Sy sal my so hard piets want dis juis wat sy uit my probeer kry :D. Baie dankie vir die mooi stukkie.

    Liked by 1 person

  3. Pingback: Die Wit Hasie — Awethentiq® | Die Wit Hasie

  4. Goed om eerlik en reguit te wees, maar soms moet ander se gevoelens, veral die naby jou, ook maar in ag geneem word.

    Liked by 1 person

    • Ek dink Wit Hasie gee nie aanstoot nie, maar praat net reguit. Aan die ander kant het Kanadese hoflikheid gelei tot die agteruitgang van daardie pragtige land. In SA is dit nie juis anders nie. Mooi vra, vriendelik wees, soebat en hoflik pleit help nie om dinge regt te kry nie, veral nie in Kaapstad of Wes-Kaap nie. Om bloot roltrappe en hysers in openbare geboue, besit bv deur JHI of Ou Mutual aan die werk te kry, verg openlike hardhandige optrede. Die probleem is ‘n apatiese samelewing en te min mense wat kan opstaan vir mense wat nie stemme het nie. Lees gerus my plasing OnBehalf of the Disabled sodat ons albei verstaan waaroor dit gaan.

      Wit Hasie is ‘n vars briesie in die hoflik opgefoeterde politiek korrekte samelewing waarin ek, en ander soos ek, probeer oorleef.

      Like

    • Jammer Coetzee as jy voel ek gee aanstoot aan die naby aan my, maar hulle gatte ook. Die wat se gevoelentjies seer kry is die wat anyway ‘n veer voel vir myne. In my elke dag se lewe moet ek buig en soms breek om ander te spaar, in my skryf lewe sal ek dit NOOIT ooit doen nie. Dis die een plek waar ek vry is

      Liked by 1 person

  5. Neeee, ek voel nie, weet nie, of jy wel aanstoot gee, aan die naby jou nie. Net ´n waarskuwing. Dit is soms onregverdig, om mense te veroordeel, as jy nie die hele storie ken nie. Soms is mense wat té reguit is, ook geneig om persone verbaal te mishandel, maar dit is maar net my mening. Dat daar wel soms, reguit gepraat moet word, is ook seker.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s