Geloof – Blydskap – Liefde

Sondagoggend preek die dominee oor die radio, uit Wierdapark-Suid. Die boodskap handel oor my pet subject naamlik die sogenaamde “kerk van Handelinge.” As jy nie weet waaroor dit gaan nie, lees in jou Bybel of aanlyn hoofstukke 2 & 4 van die boek Handelinge, wat eintlik maar net deel is van die Lukasevangelie.

Lees bietjie hoe die mense een was in gees, hoe hulle alles gedeel en mekaar versorg het. Dit volg op wat Jesus aan die yuppie gesê het.

‘n Week vantevore was ek op ‘n Karoodorp waar daar tans ‘n droogte heers. In die verlede het verbygaande vakansiegangers reeds bottels water soontoe moes aanry, sodat mense kon voortbestaan. In hierdie droogte kry ek toe mos fonteine wat oral uitborrel.

Eers was dit Driesfontein wat ‘n Steenbokkie aanhou so sewe kilometer buitekant die dorp. Driesfontein is ‘n afgetrede skoolhoof wat oorloop van die Lewende Water. Ek sien die Kerk van Handelinge reg voor my staan toe ons koffiewater opsit. Hy vertel my verhale van stukkende mense en diere wat weer heelword. Op ‘n jagplaas wat tot natuurreservaat bekeer is. Dan vind ek uit sy vrou, René, is ‘n under cover sendeling in die gedaante van ‘n NG dominee in ‘n gemeente wat sewentig persent Khoisan en Xhosa is. Haar bediening is bedrywig en ons het hierdie vriendelike vrou net skrams raakgeloop, sal graag om ‘n vuur wil sit. Die Lewende Water borrel uit asof daar veertig standhoudende boorgate is. Mens en dier kom drink, word gelawe en vertroos. Die plaaswerf is een oomblik kinderpartytjiewerf, dan weer een of ander kerkgroep, maar daar is altyd beweging. Al is dit net ‘n zebra, perd of donkie wat gered is van ‘n doodskoot iewers. Daar was sendelinge en ‘n appy predikant wat daar gewoon het.

In ‘n effe nekkie op ‘n heuwel, by ‘n platorand, tref ons die eerste houtkruis aan. ‘n Sendeling het dit daar geplant. Oor die volgende paar dae word dit oor en oor bevestig – hierdie mese se harte klop reg; hule is fonteine van Lewende Water.

img_20161203_161110.jpg

Die tweede houtkruis ontdek ek later by hulle voordeur, waar ek nie onnodig wou gaan pla nie. Ek staan verstar toe ek dit sien.

image497.jpg

Die vorige Maandagoggend, lank voor vyfuur, ontmoet ons Ricardofontein, wat net so borrel en bruis. Lewende Water stroom uit en, net soos Driesfontein, vertel die rivier se loop hoe die Skepper hierdie mense se harte en voetstappe gerig het. Ricardo bedryf die skoonste, netjiesste en mees ordelike backpackers wat ek in vyftien jaar teëgekom het, sedert ek die eerste keer by so ‘n plek aangedoen het anderkant die aarde op ‘n Suidsee-eilandjie.

Ons trein is laat; die sinjaalstelsels in Johannesburg het vertragings veroorsaak. Ons was vyfuur op die stasie; die trein kom agtuur eers daar aan. Nie een wat mor nie. Geen gekla nie. Niemand redeneer met die dame agter die glasvenster nie. Hulle gesels met mekaar, dit klink soos Spies & Plessie. Die mense het iets moois in hulle; daar is vrede met die lewe self. Bietjie wag vir ‘n trein wat laat is, gaan hulle nie onderkry nie. Later sal ons saam met hulle op dieselfde trein reis Kaapstad toe en almal sal dit ewe veel geniet.

Ricardo bring vyf liter fonteinwater, afkomstig uit die Tsitsikamma. Ons sal nie dors kry langs pad nie. Ons het baie lewende water gekry op Beaufort-Wes in net vyf dae se tyd, soveel so dat ons ook oorloop daarvan. Die oorblywende bottelwater gaan saam met mederesigers Khayelistha toe, waar daar min water is.

Ja, daar is plekke waar Lewende Water ontbreek. Ons sal dit moet aandra soontoe.

Beaufort-Wes loop oor daarvan.

Advertisements

7 thoughts on “Geloof – Blydskap – Liefde

  1. Mooi geskryf. Strome lewende water borrel uit my binneste.

    Liked by 1 person

  2. Sjoe pragtig, dki ook fotos. Net so min soos die mens “nie net van brood alleen sal lewe nie,” net so min kan die mens ook “nie net van water” (aards) alleen lewe nie.
    Gelukkig is daar baie maniere om te vas, ek hou van joune. Toe ek jonger was, het vas vir my maklik gekom, Vandag (noudat ek werk en ‘n bediening probeer uitleef) kom dit moeiliker … Jou luistergebed klink interessant?

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s