My Dongle Is Droog

Ons was onlangs op ‘n plaas waar baie boorgate sonder pompe is. Ek het nie gevra of hulle opgedroog het nie.

My dongle se datatafel het gesak en ek kan net bietjies-bietjies elke dag uitput; moet los vir môre en die dae wat kom.

Boere sal hierdie beter verstaan.

Baie mense se geestelike putte droog op. Pomp op droë boorgate. Sewende Laan. Sport. Sosiale media. Jy gebruik meer krag as wat jy terugkry en so loop jou geesteslewe droog. Jou geestafel sak tot ver onder die pomp. Die pomp sluk net wind.

Dit kan help om dinge te los, die watertafel kans te gee om terug te syfer. Dit neem tyd. Bloei jou geestespomp deur middel van gebed.

In ons huis loop ons geestelik droog, op ander maniere ook. Dit was ‘n rowwe jaar. Om my roeping te bou, verloor my vrou inkomste. My ma is oorlede, familie het ons van die begrafnis weggehou. Ek het twee ligte beroertes gehad. Sabotasie van treine het afgebreek wat ons met moeite oor ‘n dekade opgebou het. Ons begin weer heel onder, letterlik met niks.

Boere het nog grond, ons het die klere aan ons lywe, dis al.

Daar kom ‘n tyd dat vloede nodig is, dit spoel opdrifsels weg. Die watertafel styg. Daar is nuwe lewe.

Heer, stuur u vloed, was weg wat nie waardig is nie, vul op wat leeg is, les elke dors.

Kersvader was die afgelope 54 jaar ‘n teleurstelling. Ek dink dis beter om my hoop in U te plaas.

Advertisements

2 thoughts on “My Dongle Is Droog

  1. Sjoe – ja, jou jaar was rof. Wie weet, dalk bring 2017 nuwe deure wat oopgaan …

    Liked by 1 person

  2. Die jaar was mak, die agttien voor dit was rof! Ja, 2016 sal sterf op ‘n beter noot. Dankie vir die wense.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s