Uit die Kaap met die trein Potch toe vir middagete!

So kom ons aan met die luukse Premier Classe trein op Potchefstroom, 2 November 2016 vanuit Kaapstad.  Wat ‘n heerlike belewenis was dit nie. Ek gaan later daaroor skryf op my blog, maar nou eers ‘n goedvoelstorie oor lekker ou Potch.

Wilgerbome langs die Mooirivier.

Adéle by die ShosholozaMeyl-kantoor op die stasie loop oor van gasvryheid en sommer gou is ons by die nuwe Mooirivier Mall. Daar koop ons lekker biltong by Monate en verneem dat Tursktra Bakkery nog bestaan. My gedagtes gaan meer as vyf- en dertig jaar terug na voete stamp en troephongerte wat menigmaal deur Tursktra gestil is.  Daarna Checkers toe en daar koop ons gebottelde water vir die treinrit terug.

Dan soek ek ‘n plekkie om my kamera, tablet, twee selfone en skootrekenaar se batterye te laai. So trek oranje stoele my aandag en gou sit ons by Maxi’s en geniet die uitsig asook ‘n heerlike beker koffie-melkskommel.

Ons trein terug Kaap toe is eers later en ons bestel ook ‘n heerlike ete wat seker Toortsie van Banting Met Boerekos-faam se goedkeuring sal wegdra. Heerlike geroosterde hoender met slaai. Stanley bedien ons en die ander kelners is ewe vriendelik.

Ek loop ‘n draai om foto’s te neem, besoek die waterwiel en daar kom polisielede op perde aan. Hulle vertel my dis lekker op Potch en mens kan daren nog daar woon. Vir my lyk die dorp mooi en aangenaam.

Cecil, die bestuurder by Maxi’s skud blad en ons gesels lekker, maar die trein wag nie en ons vertrek terug Kaap toe, teleurgesteld toe die dreigende donderstorm niks maak nie.

Dit was nou ‘n vinnige, aangename en gesonde kuiertjie in Potchefstroom!  Ons treinreise was baie aangenaam, selfs die baie goedkoper ShosholozaMeyl oftewel Trans-Karoo soos meeste hom ken, is heel skoon, veilig en aangenaam. Teen die prys, ‘n winskoop. Ek sit en skryf hier in die eetwa terwyl die glas langs my gereeld gevul word met gebottelde water afkomstig van ‘n plekkie langs die Mooirivier.  Geen reisvermoeienis en stres nie.  Lekker etes op die trein, hier kom ‘n paar foto’s:

--   Elo Quinn  www.thingscapetown.blogspot.com  Twitter @eloqint
Advertisements

One thought on “Uit die Kaap met die trein Potch toe vir middagete!

  1. Pingback: Uit die Kaap met die trein Potch toe vir middagete! – Wag 'n Bietjie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s