Houtbaai

Boera, maar hét Hangberg datem vir jou ‘n oulike voorstad! Dis sommer net Houtbaai wat dié eer kry.

Hangberg is die woongebied waar meesal arm Kleurlinge woon want dis hoofsaaklik ‘n vissersgemeenskap. Tog het hulle só baie. Die pragtige see en berge, uitsig oor Houtbaai. Rykes sal hulle oogtande gee daarvoor. 

Onder in Hangberg, teen die see, is Fish On The Rocks  Dis nou waar jy die lekkerste paarseltjie hake & chips kan koop, of andersins ‘n snoekie wat netnou nog gehap en gespartel het. Jy gaan nié beter kry in Houtbaai nie.

Koffie? Die beste is by die gaafste Barista diékant van Klein Leeukoppie. Sy naam is Nkosi en hy is ‘n asielsoeker van Jozi wat Zulu praat. Maar kyk, dié gawe Makatini verstaan sy koffie, hoor! Dis by Spar, soos jy van Llandudno se koers af inkom teen Suikerbossie af. Nie die Spar oppad Constantianek toe nie.

Anderdag nog van Houtbaai. Gaan gooi ‘n draai daar. 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s